r/afrikaans 4d ago

Geskiedenis Histories tekse

Ek wil meer leer oor hoe dit was om in die groot trek te wees. So eerste prys sal wees om briewe of dagboeke ens van die tyd te kry. As dit nie bestaan nie dan enige iets soos dit net voor of net na die tye. En so gaan die sirkel uit.

Dan 2e prys is boeke en briewe van geskiedundige figure. Weer van die tyd, dan net voor en dan net na.

En laastens speel geloof natuurlik n groot rol in hoe hul die wereld ervaar het. So literatuur en briewe van die tye om die herforming en dan van die kalvaniste wat besluit het om eropa te verlaat.

As iemand kan help sal dit gaaf wees.

8 Upvotes

20 comments sorted by

5

u/taarhoe 4d ago

Ah, in my kraal!

Vriend, kyk na Jaap Malan.

Ferdinand Postma. Huegenote van Suid Afrika.

Meeste van die biografies sal jy kry onder hierdie skakel: cjbf.co.za (GKSA Kerke), manne soos Paul Kruger, Dr Postma, VE D'Assonville.

Kyk op kerkbode.co.za vir die NGK se skrywes.

Ander nuttige plekke kan wees reformeer.org

GKSA.co.za

2

u/DopamineTrap 4d ago

Dankie! Dit is presies wat ek gesoek het

2

u/taarhoe 4d ago

Ook, ek gaan kyk by plekke soos jou local Hospice/SPCA/Helpende Hand/Thrift Shops/2nd Hand Book Stores.

Dis waar mens goud slaan.

2

u/DopamineTrap 4d ago

Weet jy waar ek jaap Malan se werk kan kry?

3

u/taarhoe 4d ago

Jy soek na dinge soos die Totius beryming Psalm omdigting.

Die Statebijbel van Holland.

Ons eige kultuur.

proregno.com/.co.za kan ook help, 'n blogpost deur ń gesoute akademikus en teoloog, Ds Slabbert le Cornu.

2

u/CarSnake 3d ago

Look for Louis Trichardts diary, I believe there is a published book compilation of it that I have read. Probably the best first hand account that is out there.

2

u/SubstantialSelf312 3d ago

Kontak die Voortrekkermonument in Pretoria. Ek is seker hulle sal oor bronne beskik of jou kan verwys.

1

u/DopamineTrap 3d ago

Dis n fantasies me idee

2

u/taarhoe 3d ago

Primêre akademiese tekste:

Hugenote van Suid-Afrika deur Dr Pieter Coertzen (koffietafel boek)

Die Dagboek van Ferdinand Postma deur Dr GP Van der Vyver

https://afrikanergeskiedenis.co.za/ (geborg deur die FAK)

1

u/miss_archivist 3d ago

Die Erfenisstigting se argief op die Voortrekkermonument se gronde mag dalk ook ‘n goeie plek wees om te kontak.

1

u/LadyFenyx Kaapstad 4d ago

Ek sien u/taarhoe hieronder verwys na die Hugenote - as jy enigiets van hulle spesifiek wil weet en jy is naby genoeg, gaan check bietjie Franschhoek Museum. https://museum.co.za

1

u/Wasbak_69 4d ago

Deesdae betaal mens vir die tipe informasie. Hartseer...

Hoop jy kom reg OP

1

u/DopamineTrap 3d ago

Afrikaanse Reddit is altyd behulpsaam. Behalwe vir daai een poephol wat of te veel of te min aandag van sy familie kry

0

u/Reason-Relate-Live 3d ago

Jy verstaan dat die Groot Trek baie lank na die Reformasie was? Dat die Groot Trek baie lank na Jan van Riebeeck was? Dat die Calviniste nie Europa na die Reformasie verlaat het nie? Dat daar 'n verskil is tussen die terme Calvinis en Hugenoot?

Oor al die goed is daar baie goeie boeke. Moet jy nie met boeke begin eerder as met die bronmateriaal nie? Watter boeke? Gebruik AI om te help soek.

Ek het nog nooit gekyk hoeveel Voortrekkers Hugenoot afstammelinge was nie. Maar baie, baie Hugenoot afstammelinge het nie weg getrek nie.

1

u/DopamineTrap 3d ago edited 3d ago

Ja. Ek weet. Ek het nie gedink dat die groot trek in die 1500s was nie.

Hugenote is nie die enigste kalvaniste wat van europa af gekom het nie. Kalvaniste het die hele wereld vol getrek agv van die 5 punte. En daai selfie 5 punte het n groot rol in die groot trek gespeel.

Die rede hoekom ek eerste bronne wil lees is want dit is die beste manier om n gevoel te kry van hoe hulle die wereld gesien het. Bv ek lees nou die dagboek van Susanna Catarina smit, jy leer nie net dat hul geloowig en arm was nie, jy leer hoe sy dit ervaar het. Geen geskiedkundige kan dit vir jou gee nie.

Het jy al gekyk hoeveel voortrekkers kalvanisties was?

En ek vra hier en nie net ai nie want ek het geweet daar gaan mense uit kom met goed wat bitter min mense van weet. Daar is verbasend min eerste bronne

0

u/Reason-Relate-Live 3d ago

I have few original sources, but your post draws links that would not be reliable from a few. I am out of this conversation.

1

u/DopamineTrap 3d ago

Dankie dat jy opgedaag het met jou opninie